← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

10 Vrae aan Sarel de Villiers

Eerste besoek was in Oktober 2021 met ‘n vinnige oorslaap (Pretoria-Piketberg) Ons het gehou van wat ons gesien het.

Sarel de Villiers
Sarel de Villiers

1. Vanwaar en wanneer het jul as gesin Orania toe gekom en hoekom?

Eerste besoek was in Oktober 2021 met ‘n vinnige oorslaap (Pretoria-Piketberg) Ons het gehou van wat ons gesien het. In Desember 2021 het ons kom kyk of ons hier 'n lewe kon maak. In Februarie 2022 het ons oriëntering (aanlyn) gedoen, verblyfreg gekry en ons eiendomme (huis en besigheidsperseel) verkoop. 15 Mei 2022 toe trek ons in. Ons het getrek vir die Afrikaner ideaal.

2. Jy het jou vingers in ‘n paar pasteie – noem hulle en jou rol binne elkeen?

Ek en my broer het 'n vulstasie in die Kaap. My broer bestuur die dag-totdag gedeelte. Ek het ook 'n besigheid wat matte, banke en matrasse skoonmaak. Ek doen al die werk self soos ek tyd kry. My nuutste pastei is die onderwys. Ek het in 2025 'n NGOS studeer en gee nou skool by Orania CVO-skool.

3. Watter geleenthede sien jy vir jouself binne die volgende 10 jaar in Orania?

Op die oomblik gaan die meeste van my tyd in die onderwys in en ek wil graag 'n verskil maak in Oraniakinders se lewens. My liefde is egter steeds besigheid en ek sien myself in een of ander besigheid (ek sal seker soos my oupa en pa nooit werklik aftree nie).

4.Wat is jou gunsteling antwoord as julle drie dogters sê hulle is honger?

Lyk hierdie dalk vir julle soos 'n hotel? Kom ons bel Die Plaastafel!

5. Wat is vir jou die drie belangrikste eienskappe wat jou vriende moet hê?

Lojaliteit; aanvaarding sonder oordeel (almal maak soms foute); om net gemaklik te wees en dinge te vat soos dit kom.

6. Wat doen Sarel en sy gesin in hul vrye tyd?

Haha! Vrye tyd in Orania? Klein dingetjies maak vir ons saak - ons probeer om alles saam te doen al is dit Bondedag, Winterspele of Skoolkultuurfees in Pretoria.

7. Watter 3 waardes is vir jou belangrik om ‘n professionele beeld te handhaaf?

Wees altyd vriendelik veral as jy 'n besigheidseienaar is; eerlikheid en betroubaarheid anders sal niemand jou vertrou nie; en netheid.

8.Wat is 2 tekortkominge wat jy as opvoeder in die skoolkurrikulum merk?

Die skoolsisteem gee te veel huiswerk - kinders (veral laerskool) moet speel; meer spanbou en karakterontwikkeling is nodig.

9. Hoe balanseer jy werk en familie?

Dit bars maar gewoonlik maar ek probeer om my voorbereidingswerk na skool te doen wanneer die kinders aktiwiteite het, of laat in die aand.

10. Wat van Orania motiveer jou elke dag?

Die wete dat ek help bou aan die Afrikanervolk se toekoms!

Voorblad van Koerania - April 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 8

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar