
Dit was die paar dae voor Orania Gaan Groot ook nat en koud met stormsterkte winde, maar niks kon dié groot jaarlikse geleentheid stuit nie. Alhoewel daar veel meer kaartjies vir die musiekfees verkoop is, het die honderde wat wel die tent vol gesit het, die kunstenaars se optredes terdeë geniet. ‘n Besoeker merk op: “Dit was ysig, maar die musiek het ons harte warm laat klop!” Die Springbokrugby, waar Suid-Afrika vir Nieu-Seeland 29-24 geklop het, is op die grootskerm vertoon. Pannekoek-, burger-, koffiestalletjies en nog meer was deur verskillende grade van die skool behartig. Tot volgende jaar!








