← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Willie slaan ’n eie rigting in – Junie 2024

Willie Spies, ‘n bekende in regskringe, se boek is ‘n bundel van sy rubrieke wat oor ‘n lang tydperk in Beeld verskyn het.

Willie slaan ’n eie rigting in – foto 1

Willie Spies, ‘n bekende in regskringe, se boek is ‘n bundel van sy rubrieke wat oor ‘n lang tydperk in Beeld verskyn het. Hy besoek Orania tydens die KultuurKuier en bring die feite saam. Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande neem. In ‘n grondwetlike bestel is die uitgangspunt dat die burgery kollektief hul reg om hulself te beskerm oordra aan die staat. Wanneer die staat faal en nie meer sy burgers beskerm nie, verander die situasie. Dan raak eierigting nodig. Willie Spies skryf sedert 2016, die jaar van Fees Must Fall in Suid-Afrika en die verkiesing van Donald Trump in die VSA, rubrieke vir Beeld en Netwerk 24. Die rubrieke ontgin die stand van die makroomgewing van verval van die staat waarin Suid-Afrikaners hulle bevind gedurende die jare van staatskaping, die einde van die Zumabewind, die EFF, die einde van Afrikaans in die universiteitswese, die era van Rama-forie, die COVID-pandemie en gepaardgaande wêreld gebeure in historiese konteks. Dit keer telkens terug na die mikrowerklikheid van eie menswees, geloof, hartseer, eensaamheid, verlies, ouer-word en vergifnis. Dit ondersoek ’n nuwe vryheidsideaal, 30 jaar na die verkiesing van 27 April 1994 en beskryf hoe eierigting regmatig deur instellings van die burgerlike samelewing plaasvind wat leemtes vul wat die staat ooplaat.

Voorblad van Koerania - Junie 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2024, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar