← Gemeenskap

· Deur Dia van Staden

Van die stetoskoop na kruie: dr. Ethel Bekker se reis

Volgens haar bestaan daar nie iets soos chemiese gesondheid nie, aangesien slegs die natuur die vermoë het om ware welstand te bewerkstellig.

Foto: Dia van Staden Betesda is nou dr. Ethel Bekker se toevlugsoord vir natuurlike genesing en die herstel van die liggaam se elektriese balans.
Foto: Dia van Staden Betesda is nou dr. Ethel Bekker se toevlugsoord vir natuurlike genesing en die herstel van die liggaam se elektriese balans.

Dr. Ethel Bekker se reis na natuurlike genesing en die krag van die menslike battery

Ethel Bekker is ’n 68-jarige gekwalifiseerde mediese dokter wat haar MBChB-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, maar sy het sedert Junie 2025 haar rug op konvensionele medisyne gedraai om haar uitsluitlik op natuurlike gesondheid toe te spits. Volgens haar bestaan daar nie iets soos chemiese gesondheid nie, aangesien slegs die natuur die vermoë het om ware welstand te bewerkstellig. Hierdie oortuiging het daartoe gelei dat sy na die afsterwe van Annemie Becker en op versoek van Fanus Becker, deel geword het van Betesda Gesondheidshuis. In hierdie ruimte bied sy raad en kruie-gebaseerde oplossings aan mense wat op soek is na genesing buite die tradisionele sisteem. Sy is steeds geregistreer as ’n algemene praktisyn, maar spesialis wat in 2012 alle bande met chemiese middels verbreek het omdat dit die liggaam se inherente potensiaal vernietig. Sy put ook inspirasie uit die haar missie is nou om pasiënte te begelei om die mediese sisteem te verstaan en eerder natuurlike middels te vertrou, aangesien sy glo dat feitlik enige toestand – selfs akute infeksies – deur die natuur genees kan word. Haar wêreldbeskouing word sterk beïnvloed deur internasionale figure soos Dr. Zack Bush, ’n voormalige trippel-spesialis wat in 2012 alle bande met chemiese middels verbreek het omdat dit die liggaam se inherente potensiaal vernietig. Sy put ook inspirasie uit die navorsing van Dr. Peter McCullough, Dr. Bryan Ardis en Dr. Robert Malone, asook die bekende Dr. Barbara O’Neill. Dr. Bekker waarsku ouers ernstig teen die inenting van kinders en onnodige mediese ingrepe wat sy as skadelik beskou. Sy glo dat die moderne mediese kurrikulum gekaap is deur belange wat terugstoor na 1911, toe die Rockefeller-stigting die mediese skole herontwerp het om voeding en natuurlike genesing uit te skakel ten gunste van petrochemiese farmaseutiese produkte. Volgens haar is baie medisyne bloot saamgeperste afvalstowwe wat die mensdom siek maak eerder as gesond. In die hart van haar filosofie lê die konsep dat die menslike liggaam ’n lewendige, elektromagnetiese battery is. Vir hierdie "battery" om optimaal te funksioneer, is slegs suiwer water en minerale soute nodig. Sy beklemtoon dat dit nie gewone tafelsout met chemiese bymiddels moet wees nie, maar natuurlike soute wat die liggaam se elektriese stroom ondersteun en die selfgenesende vermoë aktiveer sonder die behoefte aan duur aanvullings. Sy waarsku spesifiek teen energiedrankies, wat sy beskou as ’n groot oorsaak van hartprobleme by jong mans omdat dit energie "steel" deur die hart stadig te vernietig. In plaas daarvan bepleit sy die gebruik van natuurlike bronne soos rou beesmelk, wat volgens haar en Dr. Bush noodsaaklik is vir ’n gesonde dermflora. Dr. Bekker moedig ouers aan om hulself te bemagtig met basiese kennis oor hoe die liggaam werk sodat hulle self alledaagse kwale soos naarheid of asemhalingsnood by babas tuis met homeopatie of kruie kan hanteer. Sy glo dat kroniese siektes nie ’n lewenslange vonnis hoef te wees wat konstante monitering vereis nie; deur balans in die liggaam te herstel met natuurlike middels, is volkome herstel byna altyd moontlik. Sy maak ook gebruik van tegnologie soos die Hunter- en Kwantumskandeerders, wat gebaseer is op die frekwensiebeginsels van Royal Rife, om toestande te diagnoseer en te behandel deur middel van impulse. Haar uiteindelike doel met Betesda is om mense te bevry van die slawerny van vrees en finansiële afhanklikheid van die mediese industrie, sodat almal die vryheid kan hê om te kies vir ’n hoër lewenskwaliteit deur die waarheid van natuurlike genesing.

Voorblad van Koerania - Februarie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2026, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar