← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Vaders gee raad

Op Sondag 16 Junie word Vadersdag gevier.

James Kemp
James Kemp

Op Sondag 16 Junie word Vadersdag gevier. Dit is ‘n dag waarop kinders, ma’s, pa’s en families vaderskap kan vier! Pa’s kan geïnspireer word met hartlike wense, geskenke, foto’s en woorde van waardering. Tegnologie maak dit natuurlik maklik om jou liefde en gevoelens uit te druk. Niks sê dit egter beter as ‘n drukkie, in die oë kyk en om persoonlik vir hom te sê: “Ek is baie lief vir pappa!” Koerania het vir ‘n paar vaders gevra watter raad hulle graag vir hulle kinders gegee het of tans gee en waarteen hulle hul kinders waarsku. Lees lekker saam aan die verskeidenheid kosbare antwoorde.

Abraham van Zyl

“Moet nooit vir my of enige iemand anders jok nie. Hulle het dalk probeer maar baie gou agter gekom dit werk nie.”

Willie Nel

“Leef elke dag voluit! Wees nederig en geanker in jou geloof en gryp geleenthede met oop arms aan, want die lewe is net genade. Moet nooit iets doen waaroor jy later spyt sal wees nie.”

Theunie Kruger

“Jy het net eenkeer ‘n goeie naam, werk hard om dit so te hou. Vra altyd: Wat sê die Here daaroor?”

Theuns Wessels

“Ek waarsku my kinders om nie rondom stilstaande voertuie te speel nie, want dit gebeur té gereeld dat ouers oor hul eie kinders ry. My raad aan my kinders is om elke dag eerlik te wees, dit maak nie saak hoe moeilik dit soms is nie.”

Hans van Staden

“Neem goeie besluite, want jy is alleenlik verantwoordelik vir jou geluk en sukses. Doen jou werk of wat jy ookal doen goed, en lewer ‘n goeie produk of diens.”

Wynand Boshoff

“Die beste raad wat ek aan my kinders kan gee is ook die raad wat my pa aan my gegee het: Geluk werk partykeer, maar werk werk altyd.”

Koos Steenkamp

“Moenie die fout maak en dink jy het genoeg Bybel gelees nie.”

James Kemp

James moedig sy dogtertjie aan om altyd haarself te wees en daarteen te waak dat ander aan haar voorskryf wie en wat sy moet wees.

Peter Welgemoed

“Net omdat almal iets doen, beteken dit nie noodwendig dat dit reg is nie. Ek moedig my kind aan om vir homself te evalueer of wat hy doen reg is en op die regte manier gedoen word.”

Bennie Hoffmann

PSALMS 119:9: Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord.

Peter Welgemoed
Peter Welgemoed
Abraham van Zyl
Abraham van Zyl
Willie Nel
Willie Nel
Theunie Kruger
Theunie Kruger
Theuns Wessels
Theuns Wessels
Koos Steenkamp
Koos Steenkamp
Bennie Hoffmann
Bennie Hoffmann
Hans van Staden
Hans van Staden
Wynand Boshoff
Wynand Boshoff
Voorblad van Koerania - Junie 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2024, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar