← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Tuine word besoek

Die drie beoordelaars vir vanjaar se tuinuitdaging sal op 17 en 18 November die persone wat geregistreer het, se tuine besoek en beoordeel.

Alida Ackerman
Alida Ackerman

Die drie beoordelaars vir vanjaar se tuinuitdaging sal op 17 en 18 November die persone wat geregistreer het, se tuine besoek en beoordeel. Daar is verskeie registrasies vir grasperke en gevestigde tuine ontvang. Sakpas- en beginnertuine vorm ook deel van die registrasies en die beoordelaars sien daarna uit om al die moeite met waardering te bejeën. Daar is pragtige kontantpryse vir die wenner van elke afdeling te wen wat deur Die Begrond Instituut beskikbaar gestel word. Hou Koerania dop vir foto's van die wenners in die Desemberuitgawe!

Paradys beoordelaars beplan

Alida Ackerman

In jou tuin lê die polsslag van 'n opregte hart. Vrede, liefde en geloof vind hul woning daar. So koester jou tuin en geniet jou handewerk, dan sal blomme van rus en vrede daar groei. Ons sien uit om in jou "rus en vrede" te kom kuier.

Johan Venter

Om met jou hande in die grond te werk en om 'n tuin te bewerk laat jou spanning ontlaai en die “vrugte” wat jy pluk maak jou trots. 'n Mooi versorgde tuin is 'n lus vir die oog en steek sommer ander aan om ook hulle tuine beter te versorg.

Lené van der Walt

'n Netjiese tuin weerspieël rus in die hart en orde in die gees. 'n Goedversorgde tuin is vir my soos kuns wat met geduld en liefde geskep word, om later ure se genot daaruit te kry.

Johan Venter
Johan Venter
Lené van der Walt
Lené van der Walt
Voorblad van Koerania - November 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – November 2025, bladsy 9

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar