← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Taal met trots gevier

Taalweek is gedurende Augustusmaand gevier, soos wat dit elke jaar die geval is.

Jacobus Silwer is 'n baie veelsydige kunstenaar. Op 15 Augustus het hy eers 'n balpuntpenwerkswinkel in Orania aangebied. Wat 'n unieke kunservaring! Daarna is Oraniërs vermaak met 'n onvergeetlike musiekvertoning!

Taalweek is gedurende Augustusmaand gevier, soos wat dit elke jaar die geval is. Daar word jaarliks ‘n heerlike program vol kultuur en kuns aangebied waaraan die gemeenskap kan deelneem of kreatiewe geleenthede wat bygewoon kan word. Vanjaar was geen uitsondering nie. Geniet ‘n paar foto’s van die hoogtepunte. Foto’s: Groeipunt

Huppelkind Poppekas was hope pret vir die jongklomp.

Boekbekendstelling in samewerking met Die Vryheidstigting Burgert Senekal in gesprek met dr Carel Boshoff oor sy boek: Selfstandigheid en vryheid - 'n Geskiedenis van Orania.

Befaamde kunstenaars Marinda le Grange en Cornelia Holm in gesprek tydens ‘n unieke kunsuitstalling. Vanjaar het OKeR op Taaldag, 14 Augustus, 'n kuns- en fotografie-uitstalling aangebied.

Die Kortfilmfees is kreatief ondersteun. Hier is Anje Boshoff waar sy ‘n toekenning vir haar animasiefilm ontvang van Annamarie van der Merwe. 'n Onvergeetlike aand met 43 kortfilminskrywings.

Musiekblyspel: Professor van Orania Op 11 Augustus was die Gemeenskapsaal stampvol. Almal was nuuskierig om te sien wie die "Professor van Orania" is. 'n Onvergeetlike produksie waarin gemeenskapslede hul talent kon toon. Alles ten bate van die oprig van ons eie Teaterhuis.

Taal met trots gevier – foto 4
Taal met trots gevier – foto 10
Toneel: Die Plaaskombuis Esna de Beer en Carel Boshoff in aksie. Foto's verskaf deur Groeipunt

Taal met trots gevier – foto 5
Voorblad van Koerania - September 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2026, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar