
Taksering van eiendom
Rikus Stander, 'n plaaslike takseerder, het met ons studente kom gesels oor taksering van gewasse, in besonder mielies, vir versekering doeleindes. Inskrywings vir studies in 2027 is oop, besoek www.bko.co.za/boerderybestuur vir meer inligting!
Bo-Karoo Gemsbokke
Verskeie dames van ons Bo-Karoo Gemsbokke klub, het vanjaar deelgeneem aan die Frances Baard Netbalproewe. Spelers van die streek ding mee en kry die geleentheid om hul talent te wys en vir onderskeie spanne en oefengroepe gekies te word. Dié spelers het die Bo-Karoo Gemsbokke verteenwoordig en hulle sien uit na wat die seisoen gaan oplewer.
0/19 Span Maryke Mostert Marine Davel 0/21 Oefengroep Maria Pretorius Seniors Oefengroep Bianca Groenewald, Alexia Smit, Anella Schumann
Koshuisliga se wenners
Duiker Dameskoshuis: Vlugbal en Hokkie Heldehuis Daghuis: Raak Rugby Steenbok Herberg Manskoshuis: Vlugbal en Gees van die liga Vaalbos Manskoshuis: Hokkie en Rugby








