← Kultuur

· Deur Dia van Staden

Steve Hofmeyr | 'n Stem vir vryheid, nostalgie en identiteit

Wanneer vanjaar se Orania gaan Groot (OGG) aanbreek, betree hierdie bekende kunstenaar bekende terrein.

Steve Hofmeyr | 'n Stem vir vryheid, nostalgie en identiteit – foto 3

Wanneer vanjaar se Orania gaan Groot (OGG) aanbreek, betree hierdie bekende kunstenaar bekende terrein.

Oor sy betrokkenheid merk hy op: "Om te kuier is dit my 5de keer. Om te sing, my 3de keer. Polities? My 100ste keer!" Sy unieke verhouding maak dat sy optrede en gesellige gesprekke vlot ineenvloei. Hy benadruk: "Omdat ek g'n politikus is nie, of geen amptelike staning in die politiek het nie, skuld niemand my 'n politiese oudiënsie nie. Daar heers twyfel of enigiemand in die wêreld Orania iets kan leer oor onafhanklikheid. Meesal is ons gesprekke informeel en gesellig, en wat ek wil sê sê ek sommer op die verhoog." Enige verdere gesprek omhels hy as bonus. Oor Afrikaner-selfbeskikking verduidelik hy: "Selfbeskikking kan wissel tussen 'territoriale eienaarskap' en die 'ruimte om vry te wees' al besit jy nie die grond nie. Eersgenoemde het Orania reeds vermag. Tiental staatlose volke sit vandag en studeer die Orania-model. Vir die res van ons is dit alles 'n weelde en moet ons vrede maak met wat prakties haalbaar is: die ruimte om ons kultuur, taal, uitdrukking en bewegings te kan beoefen daar waar ons onsself bevind." Hierdie ruimte krimp vir minderhede: "Selfbeskikking is die kasteel van jou identiteit... jou kollektiewe waardes in die konteks van jou naaste, jou erfenis en jou God. Selfbeskikking moet jou koors wees, jou hunkering en jou grootste droom... Die droom van 'n volk om nie deur volksvreemdes regeer te word nie. Wat 'n skone ideaal." Hy waarsku dat meerderhede die gevaar loop om as minderheid wakker te word: "Ons weet eerstehands hoe dit voel en hoeveel pyn daarmee saamgaan." Hy vermy hierdie gesprek met meerderhede weens hul gebrek aan begrip. Vir OGG beloof hy: "My konsert is 'n nostalgiese reis deur die musiek waarop ons groot geword het, gelag en gehuil het. Ek gooi bietjie Country hier en Neil Diamond daar en as ek klaar is daarmee, sing ek net Afrikaans. En as almal soet is, sing ek DIE BLOUBUL twee keer in 'n ry!" Oor Orania se volkslied skerts hy: "Glad nie. Ek leer nog die woorde van AMANDA! Maar as julle daardie aand vir my DIE ROEPSTEM VAN ORANIA sing, sal ek vir julle DIE STEM sing!" Sy musieksmaak verander elke 24 uur van Chris Else, Elvis Blue en Andriette tot Demi, Rikus, Bok, Spoegwolf, Rammstein en opera. Hy noem: "Mozart se 21ste klavierkonsert kalmeer as ek Julius en Cyril toesprake geluister het. Uiteindelik is ek maar ou skoolse rockers." Oor sy loopbaan sê hy: "Ek is beslis nie ondankbaar vir hoe alles uitgedraai het nie... Ek sou graag tegnies meer behendig wou wees. Ek sou 'n duet met Mimi en Ge wou doen... Uiteindelik het ek gedoen wat ek wou en was gelukkig om 'n mooi gehoor daarvoor te kry." Aan opkomende kunstenaars skerts hy: "Ek probeer hulle afraai omdat ons nie meer kompetisie benodig nie!" Hy raai hulle egter aan: "Word onafhanklik, skryf self, speel 'n instrument, leer programmeer, verstaan jou bedryf en sing soveel moontlik." Oor KI merk hy op: "Ek geniet KI vreeslik, maar ek is nie toondoof vir sy verlamming op ons skeppende vermoëns nie." Oor kreatiwiteit en kinders se musiekopvoeding, soos die Karoo Klanke-projek, sluit hy af: "Die kunste leer jou reeds om te gaan lewe in die plekke waar ander mense nie kom nie... Die beperkinge is 'n neweeffek, wat pal uitgedaag moet word."

Sonja Pienaar laat haar pet deur Steve teken tydens ‘n onlangse konsert by Afriforum Teater. Foto: Koerania
Sonja Pienaar laat haar pet deur Steve teken tydens ‘n onlangse konsert by Afriforum Teater. Foto: Koerania
Steve Hofmeyr | 'n Stem vir vryheid, nostalgie en identiteit – foto 1
Voorblad van Koerania -Augustus 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2026, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar