← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

Skaars snytoerusting by ongelukstoneel

Op Vrydag 17 Julie het Orania Veiligheidsdienste ’n noodoproep in verband met ’n motorongeluk net buite Vanderkloof ontvang.

Op Vrydag 17 Julie het Orania Veiligheidsdienste ’n noodoproep in verband met ’n motorongeluk net buite Vanderkloof ontvang. Die OVDpersoneel het hul in ’n reaksievoertuig en die OVD-brandweerwa na die toneel gehaas, en kon by nooddienswerkers, ambulanspersoneel, die SAPD en vrywilligers aansluit. Orania Veiligheidsdienste het ondersteuning aan mediese personeel gebied om die pasiënte te stabiliseer, terwyl ’n ander span die lewenskake en kragopwekker teen die helling afgebring het om met bevrydingswerk te begin. OVD-personeel het vir verskeie ure by die pasiënt wat in die wrak vasgekeer was, gebly totdat ’n volgende ambulans kon arriveer. Die ambulanspersoneel, SAPD, vrywilligers en ROCKET-lugambulans en OVD het op die toneel waarde toegevoeg. Een van die pasiënte is na afloop van die reddingsoperasie oorlede. Die span van Orania se medelye gaan na die familie uit.

Voorblad van Koerania -Augustus 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2026, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar