
Die Orania Rolbalklub het op Saterdag 7 Maart aan ‘n Drieë-Opedag op Luckhoff deelgeneem. Luckhoff het ń pragtige baan en die baan vol met 42 spelers van oraloor in die Vrystaat en Noord-Kaap. Francois van Schalkwyk, speler en bestuurslid van die Orania Rolbalklub, vertel dat spelers van ander klubs nie kan wag om in Orania te kom speel nie. “Ons kry net goeie wense en morele ondersteuning van ander spelers af,” vertel hy.
Kontak vir Francois van Schalkwyk by 073 089 1604 om op die Whatsapp-groep van die klub gevoeg te word.





