
ʼn Vroulike rolmodel speel 'n groot en dikwels lewenslange rol in 'n kind se ontwikkeling, of dit nou 'n ma, onderwyser, familielid of selfs 'n gemeenskapsfiguur is. Jy as vrou wys vir 'n kind hoe 'n vrou selfversekerd, onafhanklik en veerkragtig kan wees. As rolmodel help jy ʼn kind om gesonde idees oor vroulikheid, respek en gelykheid te ontwikkel. Jy kan wys hoe om uitdagings aan te pak, grense te stel, en verantwoordelikheid te neem. Die vroulike rolmodel bou emosionele intelligensie. Jy dien as ʼn voorbeeld met die manier hoe jy praat, luister en reageer om ʼn kind te help om sy emosie te verstaan en gesond uit te druk. Jy help seuns verstaan dat ware sterkte ook emosionele intelligensie insluit. As rolmodel help jy kinders om nie vas te kyk in beperkende geslagsrolle nie. As betroubare, konsekwente rolmodel gee jy ʼn gevoel van veiligheid. Jou suksesverhale, of selfs hoe jy deur moeilike tyd kom, inspireer kinders om aan te hou probeer. Jy dien as inspirasie vir die kind om aan te hou probeer. Vir dogters leer jy as rolmodel dat skoonheid nie net oor voorkoms gaan nie, maar ook oor karakter, vaardighede en gesondheid. Jy modelleer hoe om nee te sê, hoe om gesonde verhoudings te kies en hoe om ons Christelike geloof en Afrikanerkultuur te beskerm. Kinders word geleer dat gesonde verhoudings gebou is op respek, kommunikasie en gelykheid.




