← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Moederskap - soos deur Orania se ma’s beskryf

Hulle is vreesloos en hardloop die toekoms binne!

Riegardt Arno Annika en Jurie Britz en Elmarie Lambrechts.
Riegardt Arno Annika en Jurie Britz en Elmarie Lambrechts.

Moederskap is nie net… die grootste voorreg nie, maar ‘n uitdaging wanneer jy 2 kinders in 1 huishouding het wat hemelsbreed verskil.Ons geniet die fase waarin ons jong grootmense is. Hulle is vreesloos en hardloop die toekoms binne! Dit bly genade onbeskryflik groot! Om ‘n Mamma te wees is die grootste voorreg!

Moederskap bring … liefde, trots, trane (van vreugde, frustrasie en hartseer), chaos met tye, tande-kners en hardop uit-jou-maag-lag oomblikke, stywe drukke en vuil kyke, maar ook deurgebidde knieë. Wanneer dit nodig is vir tugtiging, bring moederskap deernis en medelye met my eie ma... Dis so 'n groot voorreg om 'n mamma te wees!

Moederskap is... geduld, liefde, verdraagaamheid, uithouvermoeë, vertroue en geloof.

Moederskap maak my… nie perfek nie maar teenwoordig. Dit is ‘n heilige werk in ‘n morsige voorskoot.

Moederskap laat my toe… om my menswees uit te leef. Om daar te wees nie net vir jou kinders nie maar ook vir dié om jou vir wie jy omgee. Om die rusplek te wees waar almal kan tuis voel en vrede beleef.

Moederskap kan lei tot … die mooiste storms én die mooiste sonskyndae. As mamma van drie seuns en ’n dogter het ek geleer dat elke huis sy eie ritme het, maar dat liefde, waardes, gebed en deursettingsvermoë die anker bly. As ’n voltydse werkende mamma wat meestal alleen ouerskap aanpak terwyl pappa oorsee werk, het ons spanwerk geleer. Daar is trane, moeilike gesprekke en dae van verlange, maar ook skaterlag, drukkies en klein gebare wat jou hart vol maak. Moederskap is om elke storm saam met jou kinders te trotseer en steeds dankbaar te bly vir die voorreg om hulle mamma te wees.

Braam, Nicolette, Jannie en Jané Ebersöhn.
Braam, Nicolette, Jannie en Jané Ebersöhn.
Kiana staan voor met Gregory, Jessica, Sagrys, Tiaan en Zachory Eloff.
Kiana staan voor met Gregory, Jessica, Sagrys, Tiaan en Zachory Eloff.
Gerhard, Justinus, Hartogh, Juané, Retha en Wilma Brink. Foto: LigLens Fotografie
Gerhard, Justinus, Hartogh, Juané, Retha en Wilma Brink. Foto: LigLens Fotografie
Ané , Theunie, Annelize en Yanko Kruger.
Ané , Theunie, Annelize en Yanko Kruger.
Sanet v d Westhuizen, Zelda van Staden, Erika van Aswegen, ma Fransie, pa Kobus en Linda Griesel.
Sanet v d Westhuizen, Zelda van Staden, Erika van Aswegen, ma Fransie, pa Kobus en Linda Griesel.
Voorblad van Koerania - Mei 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2026, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar