← Gemeenskap

· Deur Raymond van Tonder

Meningsopname: Orania se inwonertal – Raymond van Tonder – Februarie 2026

‘n Jongmens wat hier 'n begin wil maak - kan nie - geleenthede te min, inkomste te klein.

Raymond van Tonder
Raymond van Tonder

‘n Kennisgewing wat onlangs deur die Orania Dorpsraad versprei is bevestig dat die sensusopname van 2025 ‘n afname in die inwonertal van Orania toon. Waarom gebeur dit en hoe kan dit omgedraai word?

‘n Jongmens wat hier 'n begin wil maak - kan nie - geleenthede te min, inkomste te klein. Meeste werksgeleenthede is fisies terwyl ons in 'n rekenaarera leef - wat blootstelling vir die groter mark beperk. Salarisse is klein - hier is R10,000 'n groot inkomste - wat dek jy met dit? Hoe leef jy met nog minder as dit? Baie mense het al gekom vir 'n nuwe toekoms met sterre in hulle oë net om uit te vind hulle leef op hulle spaargeld sonder noemenswaardige kapitale aanvulling en verlaat Orania slegter af as wat hulle was voordat hulle hier aangekom het. Vaste werk met 'n kontrak is skaars - meeste is tydelik - gevolglik is afleggings onvoorspelbaar - veral oor Desember - nuwe spanne word in Januarie aangestel sonder 'n Desember salaris - hoe lank is Januarie sonder geld. Geen aansporing vir Entrepeneurs of ontwikkelaars nie - uitgangspunt is - besighede wat destyds begin is was nie gehelp nie en hulle het dit gemaak - ons kan nie nuwe besighede help nie - dis onregverdig - dit terwyl besighede in sommige plekke in die land aangemoedig word en self belastingtoegewings van jare kry net om op die been te kom - hier moet 'n ontwikkelaar die perseel koop, dienste en toegang voorsien voordat die persele verkoop kan word - perseelpryse styg gevolglik en verkope stagneer - die ontwikkelaar wag jare vir sy "return on investment" en indien die ontwikkeling op skuld gedoen was is die ontwikkelaar onderdeur - hy sou beter doen deur sy geld te belê. Te min voete maar ons droom van stadstatus - hoe bereik ons dit met bg. in ag geneem? Ons is 'n plattelandse dorp met wêreldwye erkenning wat eers as sulks ontwikkel moet word dienste soos grondpaaie, randstene, dreinering en straatligte gaan baie kapitaal vereis. Mediese dienste - 'n groot vereiste vir nuwe en huidige inwoners - afstande te vêr Kimberley en Bloemfontein toe - nuwe mediese stelsel kan dalk verligting bring. Veiligheid, skoon lug, vars drinkwater, gewaarborgde kragvoorsiening en goeie onderrig wat ons dorp laat uitstaan is steeds te min om mense te lok - sonder aansporings bly ons groei beperk.

Voorblad van Koerania - Februarie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2026, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar