
‘n Kennisgewing wat onlangs deur die Orania Dorpsraad versprei is bevestig dat die sensusopname van 2025 ‘n afname in die inwonertal van Orania toon. Waarom gebeur dit en hoe kan dit omgedraai word?
Tot 2024 het Orania se groeivoorspelling 10,1% per jaar gewys. Teen 2037 sou ons ongeveer 10 000 mense wees. In 2025 het die inwonertal met 4% gedaal. Nou is groeivoorspelling 5,7% en ons sal 10 000 wees teen 2049. Die goeie nuus is: ons gaan nog steeds daar kom, maar die vraag is: sal dit betyds gebeur? Suid-Afrika se ekonomiese groei het verdubbel van 2023 tot 2025 na 1,3%. Daarby oorweeg baie Afrikaners die Verenigde State se spesiale vlugtelingprogram – meer as 1 500 mense het al soontoe gegaan. Selfs sommige Oraniërs dink daaraan. Beide dié redes hou mense terug om Orania te oorweeg. Ek glo Orania is vir alle Afrikaners wat glo aan selfbeskikking. Om te groei, moet ons die mense welkom laat voel en geleenthede vir hulle skep. Hoe kan ons dit doen? - Help nuwe mense om in te burger en ons kultuur te verstaan. - Skep aanlyn-werk of aanlyn-besighede om jong mense aan te trek. - Bou voorafvervaardigde huise saam met ander Orania se sukses begin in ons dorp, maar kan uitbrei tot by die Weskus. Saam kan ons dit laat werk en ‘n positiewe toekoms bou.




