← Gemeenskap

· Deur Derick Smit

Meningsopname: Orania se inwonertal – Derick Smit – Februarie 2026

Salarisse in Orania is relatief laer as elders.

Derick Smit
Derick Smit

‘n Kennisgewing wat onlangs deur die Orania Dorpsraad versprei is bevestig dat die sensusopname van 2025 ‘n afname in die inwonertal van Orania toon. Waarom gebeur dit en hoe kan dit omgedraai word?

Heelwat nuwe inwoners kom na Orania in nood en as ‘n laaste uitweg, maar hier loop hulle hulself vas in ‘n paar wrede ontnugterings nl: a. In Orania kan hulle nie noodwendig noodwendig dieselfde tipe werk met dieselfde salarisvlak kry waaraan hulle gewoond is/was nie. b. Salarisse in Orania is relatief laer as elders. c. Behuising is duur en so ook die diensterekeninge. d. Soms moet ouer mense fisiese harde handearbeid gaan verrig net om te oorleef en sukkel daarmee. Die verblyfsregpaneel laat baie mense toe wat soms ‘n maatskaplike las vir die samelewing is en word uiteindelik van hul verblyfreg ontneem. Die vlugtelingprogram van die VSA het heelwat Oraniërs gelok en kundigheid het die dorp verlaat. Ek weet van ‘n gesin (goed gekwalifiseerd) wat in ‘n tent langs die rivier moes gaan bly omrede hulle nie werk kon kry nie en so ook nie behuising kon bekostig nie. Derick Smit

Voorblad van Koerania - Februarie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2026, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar