← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Meningsopname: die waarde van 'n vrou

Ek meet 'n vrou se waarde aan haar vermoë om liefde en stabiliteit te gee, selfs in moeilike tye.

Pieter Loots
Pieter Loots

Koerania wou by 'n paar mans weet waaraan hul die waarde van 'n vrou meet en wie hul rolmodel is, indien hul wel een het.

Daniel Coetzee

Ek meet 'n vrou se waarde aan haar vermoë om liefde en stabiliteit te gee, selfs in moeilike tye. 'n Vrou se krag lê in haar onwrikbare geloof, volharding en wysheid. Haar teenwoordigheid bring balans, haar woorde bring troos, en haar dade bring betekenis. Sy dra nie net 'n gesin nie – sy vorm dit. My ma, Karin Coetsee, is sekerlik die beste voorbeeld van 'n "ystervrou" waarvoor ons kinders sou kon vra. Sy is 'n toonbeeld van opoffering, geloof en onvoorwaardelike liefde – haar invloed in my lewe lê diep in wie ek vandag is.

Jacobus le Granse

"Spreuke 31:10-12 Wie sal 'n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Sy doen goed aan hom, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe." My ouma was my rolmodel.

Pieter Loots

Ek meet die waarde van 'n vrou aan haar geloof. 'n Bybel gefundeerde lewe onderhewig aan die inwoning van die Heilige Gees bring alles voort wat nodig is vir 'n suksesvolle lewe, onder andere liefde, selfbeheersing, nederigheid, geduld, vrede, getrouheid en sagmoedigheid. Rolmodelle in my lewe is my Ma Elsa en my vrou Celia.

Jacobus le Granse
Jacobus le Granse
Daniel Coetzee
Daniel Coetzee
Karin Coetsee
Karin Coetsee
Jacobus le Granse se ouma, sy rolmodel.
Jacobus le Granse se ouma, sy rolmodel.
Voorblad van Koerania - Augustus 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2025, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar