Marinda le Grange se uitstalling kan vanaf Vrydag 5 Desember om 19:00 tot Dinsdag 9 Desember by Maranata Kerksaal in Kleingeluk. Die uitstalling sal van 09:30 tot 12:30 oop wees. Vanaf 10 Desember sal die uitstalling by Taryn, hoek van Pêrellaan en Jaspisstraat, besigtig kan word. Marinda se kunsstudente sal elkeen ook 'n kunswerk hier ten toon stel. Die titel van die uitstalling is “Laat My lammers wei” en sluit olieverf, grafiet, houtskool en kleurpotloodwerk in. Dié uitstalling was 'n doel wat ek vir myself aan die begin van 2025 gestel het. Ek het teksverse as my motivering gebruik. Kontak Marinda by 072 041 4583 vir meer besonderhede.
· Deur Koerania-redaksie
Marinda le Grange se uitstalling
Marinda le Grange se uitstalling kan vanaf Vrydag 5 Desember om 19:00 tot Dinsdag 9 Desember by Maranata Kerksaal in Kleingeluk.

Uit die koerant
Hierdie berig het verskyn in Koerania – November 2025, bladsy 3
Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar


