
Koerania se redakteur, Dia van Staden, het verlede maand se kreatiewe sessie aangebied. Haar tema het die waarde van kwaliteit persverklarings en sosiale media plasings uitgelig. Op die foto verskyn ‘n paar van die individue wat die sessie bygewoon het. Lynice de Beer, Dia van Staden, Riaan Badenhorsst, Cara Tomlinson, Yolandi van den Bergh, Charlotte van Niekerk en Lientjie Jacobs. Dié maandelikse geleentheid is ‘n inisiatief van Sprank en Kwikstert. Die noodsaaklikheid van konstruktiewe kritiek is bespreek. Alhoewel dit moeilik is om kritiek aan te hoor, het elkeen beaam dat dit belangrik is om kritiek te hoor sodat groei kan plaasvind.
Kontak hulle om deel te vorm van die maandelikse leersame sessies deur 'n Whatsapp na 076 480 2213 te stuur.




