
GELOFTEFEES '25
Kinders by dosyne! – Jacobus Correia
Jacobus Correia is op Woensdag 3 Desember 2025 om 05:05 die oggend gebore. Hy het 2.76 kg geweeg en was 52 cm lank. Jaco, soos hy bekend sal staan, is sommer flink deur pa, Tony, tuis “gevang”. Alles het baie vinnig gebeur en ma Cherie het die naelstring self geknip. Die ouerpaar vertel: “ons wil hom graag grootmaak om sy pad te volg vir die roeping wat die Here vir hom gekies het.” Boetie Anton (2 jaar en 6 maande) is uiters beindruk met sy kleinboet.
Lisa (Elizabeth) Correia
Lisa (Elizabeth) Correia is op 9 Januarie 2026 gebore en het byna nie die skaal se naald met haar 2.98 kg beweeg nie. Sy was 49 cm lank. Elbie en Victor Correia, ouers, is dankbaar vir ‘n gesonde meisiekind.
Lida Basson
Nikke en Conrad Basson se dogtertjie, Lida, is om 10:55 op Sondag 14 Desember gebore. Sy het ‘n skamele 3.43 kg geweeg. Dié ouerpaar se wens vir haar is om ‘n vryheidsdrang te ontwikkel en ‘n goeie man te kry.
Volkskool Orania se klas van ‘25!
Volkskool Orania se afstandleerders het ‘n 100% slaagsyfer behaal. Leerders van regoor die land neem hul studies in eie hande en neem verantwoordelikheid vir tydsbestuur, inwin van inligting en fokus. Koerania wens elkeen van die 22 matrieks geluk met die sukses!
Voor: Hanno Bekker, Francois Jordaan en Franco Coertse. 2de ry: Letithia Backhoff, Anri Coertse en Ruan Smith. 3de ry: Jana Gibbens, Anasteah Crous en Anke Keller. Agter: Abigail Vermeulen, Mari van Reenen en Martinet Kok.









