
Die Solidariteit Orania Netwerksentrum het op Maandag 28 Julie 'n Kommunikasie- en bemarkingsnetwerkgeleentheid aangebied waartydens besigheidspersone meer kon kom leer van hulle handelsmerk en sosiale media platforms. Lindie de Beer, hoof van Solidariteit se kommunikasie- en bemarkingsafdeling, het die tema van handelsmerke voorgehou en van ontwerp tot sigbaarheid bespreek. Sy sê: “'n Handelsmerk skep 'n gevoel.” Lindie het verduidelik dat 'n besigheidstrategie kan aanpas terwyl kernwaardes van 'n besigheid nie hoef te verander nie. Hoe elkeen hul kliënte wil laat voel en wat jou uniek maak moet oorgedra word. Marike Grobler, afdelingshoof bemarking
Solidariteit, het die noodsaaklikheid van eerste indrukke wat blywend gemaak moet word, uitgelig. “'n Goeie ontwerp is die iets wat jy nodig het om jou eerste indruk blywend te maak en om as uniek bo jou kompetisie uit te staan,” verduidelik sy. Marike noem dat bemarking die gesprek is wat jy met jou gehoor het om hulle in te trek. 'n Logo, kleure, tipografie, style n vorm en foto's dra daartoe by om 'n handelsmerk na verbruikers te kommunikeer. Alexa Reinecke, bestuurder van sosiale media en inhoud by Solidariteit, het die gretige gehoor ingelig oor manière om 'n gemeenskap om jou onderneming te bou. Na afloop van die aanbiedings is daar rondom warm koffie en 'n te ete gekuier, nog vrae gevra en genetwerk.




