Sewe Ritmiese gimnaste, vlak 1 tot 3, het die Oranjerivier Gimnastiekklub by die Noord- Kaap Gimnastiek se Interprovinsiale Ritmiese Zone kompetisie in Bloemfontein verteenwoordig. Dié is die hoogste vlak waarop ritmiese gimnaste, wat in vlak 1 tot 3 deelneem, in Suid Afrika kan presteer. Dansies was op 'n punteskaal deur 5 beoordelaars per gimnas beoordeel. Elke gimnas het 'n punt per dansie behaal. Medaljes is toegeken volgens die punte wat behaal is. Eienaar en afrigter van Oranjerivier Gimnastiekklub, Michelle Jacobs, 'n gekwalifiseerde beoordelaar, het op 27 September tydens die kompetisie beoordeel. As klub het hul 2 goue medaljes en 5 silwer medaljes ontvang. Klara Murphy het die hoogste punte van alle vlak 1 tot 3 gimnaste behaal.
· Deur Koerania-redaksie
Hulle maak ritmiese passies
Dié is die hoogste vlak waarop ritmiese gimnaste, wat in vlak 1 tot 3 deelneem, in Suid Afrika kan presteer.

Uit die koerant
Hierdie berig het verskyn in Koerania – November 2025, bladsy 12
Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar


