← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Elisma vang graad

Vir Elisma Boshoff (24), was haar LLBstudiereis méér as net nóg ʼn akademiese doelwit wat sy suksesvol nagestreef het.

Elisma Boshoff – ʼn Akademia-alumnus met ʼn roeping vir geregtigheid
Elisma Boshoff – ʼn Akademia-alumnus met ʼn roeping vir geregtigheid

Akademia-alumnus, Elisma Boshoff is een van slegs ʼn 100 kandidate wat vroeër vanjaar tot die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aspirantprogram vir aanklaers toegelaat is. Vir Elisma Boshoff (24), was haar LLBstudiereis méér as net nóg ʼn akademiese doelwit wat sy suksesvol nagestreef het. Dit was ʼn doelbewuste keuse – een wat diep gewortel is in haar Christelike waardes, haar liefde vir Afrikaans en haar roeping vir geregtigheid. Boshoff lééf laasgenoemde roeping daagliks passievol uit as ʼn aspirant staatsaanklaer verbonde aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se Bloemfonteinkluster. “My droom vir die instelling is dat dit steeds meer en meer ʼn baken van hoop en lig sal wees wat opleiding in Suid-Afrika betref. Dat dit ʼn studietuiste sal bly waar nóg meer studente wêreldklas programme kan voltooi en só met selfvertroue in die samelewing sal kan inskakel sonder om terug te staan.

Mag Akademia ʼn pionier van ons tyd én die volgende generasies wees, veral wat regsopleiding betref,” sluit Boshoff af.

Voorblad van Koerania - Mei 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2026, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar