← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Die vrouens in Langenhoven se lewe

Die verhaal van die vrouens in Langenhoven se lewe, is ’n verhaal van ’n huis vol liefde.

Orania Prokureur, Christiaan van der Merwe, vertolk die rol van C.J. Langenhoven
Orania Prokureur, Christiaan van der Merwe, vertolk die rol van C.J. Langenhoven

Die verhaal van die vrouens in Langenhoven se lewe, is ’n verhaal van ’n huis vol liefde. Tog is dit ook die verhaal van die komplekse verhoudings, uitdagings en opofferings wat agter geslote deure skuil. Elkeen het ’n verlede, en ’n moeilike verlede skep soms ’n moeilike toekoms. Die liefde verdra alles, maar hoe ver strek ’n mens se liefde en waar vind ons die krag om alles te aanvaar en te dra.

Hierdie aangrypende toneelstuk neem die gehoor op ’n reis deur die lewe van Vroutjie, Engela, Langenhoven en – in ’n mindere mate – die aantreklike Sarah. Elke karakter weerspieël iets van onsself. Die verhaal raak daarom diep aan die hart. Alhoewel Vroutjie die hoofkarakter is, verteenwoordig sy veel meer as net die stem van Langenhoven se vrou – sy word op ’n manier so ’n bietjie van ons almal.

Geniet ’n glasie sjerrie vanaf 18:00 in die foyer.

Kom geniet 'n kunsuitstalling in die voorportaal deur Yolandi-Mari, 'n kunstenaar van Orania. Haar versameling handel oor die vele fasette van vrouwees asook die vrou se innerlike krag en skoonheid.

Tema: "Verhale van vrouwees"

Die OKeR-toneelgeselskap tree op 6 November by AfriForum Teater op om geld in te samel vir Orania se eie teaterhuis! 18:00 Sjerrie en kunsuitstalling in die foyer 19:00 Toneel Kaartjies aanlyn te koop by www.afriforumteater.co.za

Voorblad van Koerania - Oktober 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2026, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar