
By Bo-Karoo Opleiding tree ons 2026 binne met groeiende momentum en ’n helder fokus op dit wat werklik saak maak: die vorming van individue met vaardighede, waardes en roeping. Met meer as 250 studente, afkomstig van regoor Suid-Afrika en Namibië, beleef ons reeds hoe ’n diverse, doelgerigte studentegemeenskap vorm aanneem. Die jaar bring nuwe geleenthede om ons akademiese aanbod verder te slyp, terwyl ons met entoesiasme uitbrei aan ’n studentelewe wat meer as net klasbywoning behels. Die ontwikkeling van sport- en kultuurgeleenthede staan sentraal - ruimtes waar dissipline, samehorigheid en leierskap natuurlik groei. “Ons sien 2026 as ’n jaar waarin BKO se missie meer lewendig word as ooit tevore,” sê Paul Vogel, BKO se uitvoerende hoof. “Met ’n groeiende kampusgemeenskap en nuwe geleenthede vir studentsukses in en buite die klaskamer, bou ons vaardighede en karakter. Ons is opgewonde oor wat voorlê, vir ons studente en die gemeenskappe wat hulle eendag sal dien.” Vooruitskouend word daar reeds beplan aan nuwe programme vir 2027 en 2028, met verdere uitbreiding by Technika en die Leer-My-Hoe-Proefplaas wat BKO se praktiese, roepingsgedrewe opleiding versterk. Addisionele koshuisverblyf is reeds onder konstruksie. Ons sien ook uit na die voltooiing van die Werksgebou waar ons kantoorspasie sal inneem. Ons bou nie haastig nie, maar doelbewus. Met geloof en verantwoordelikheid lê ons fondasie vir 'n hoopvolle toekoms.





