← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

10 Vrae aan Marike Labuschagne

Dit alles doen ons ook in samewerking met verskeie instansies en besighede in ons dorp.

10 VRAE AAN... MARIKE LABUSCHAGNE – foto 5

1. Wat behels jou pos?

Studentesake is verantwoordelik vir die vorming van jong Afrikaners wat hul rol in die werksplek en hul gesinne kan volstaan asook die herinneringe wat hul hier maak buiten hul studies. Ons moet vir studente die ruimte skep binne ons vry en veilige omgewing waar hul geborge kan voel om karaktervol te ontwikkel sodat hul kan presteer en floreer wanneer hul BKO verlaat. Ons sorg dat studente blootstelling en geleenthede kry om hul talente uit te leef in sport en kultuur, dat hul gesonde sosiale gewoontes leer, tuis kom in ons koshuise en die nodige ondersteuning kry in alle aspekte van hul welstand. Dit alles doen ons ook in samewerking met verskeie instansies en besighede in ons dorp.

2. Wat sal jy as jou 3 sterkste kwaliteite uitlig?

Passie, dryfkrag en ervaring om met jongmense te werk.

3. Wat is jou korttermyn doelwit? Om my afdeling gerat te kry om 800-1000 studente gemaklik te kan hanteer sonder om hul te laat voel hulle is net ‘n nommer.

4. Watter aspek van jou werk geniet jy die meeste? Om te sien hoe ‘n jongmens ontwikkel en herinneringe maak wat hul nooit sal vergeet nie

5. Wat doen jy om jouself te motiveer indien jy ‘n af dag beleef?

Fokus op die kleiner dinge of knoop ‘n geselsie aan met die studente om energie uit hul te put. Partykeer help dit ook om die werk, wat baie breinkrag vat, eenkant toe te skuif en bietjie te dinkskrum oor die toekoms van BKO, of te droom oor wat ons nog wil bereik en kreatief te raak oor hoe ons ons studenteleweprogram aanbied.

6. Hoe hanteer jy kritiek?

Ek is oop vir kritiek, maar hoe en wanneer dit oorgedra word speel die grootste rol in die gesindheid waarin ek dit ontvang.

7. Jou mening van spanwerk?

Wanneer elkeen in die span eienaarskap van hul eie taak en rol neem, maar vrymoedigheid het om te vra vir hulp en die res van die span gewillig is om te help en deel te neem aan aktiwiteite in die afdeling, buiten hul eie verpligtinge.

8. Watter 3 aspekte van Orania lig jy graag teenoor voornemende studente uit?

Hier is ons vry en dit maak ons veilig, vir baie mense is Orania hul eie “groot trek” so daar is ‘n baie groter doel om van deel te wees, dit is ‘n plek waar jy jouself kan ontdek.

9. Watter eienskap van jouself sal jy nog wil ontwikkel?

Kommunikasie is iets wat nog altyd vir my moeilik is en werk deurlopend daaraan.

10. Jou persoonlike wens vir 2026?

Ek wil beter balans tussen werk en rustyd leer handhaaf.

10 VRAE AAN... MARIKE LABUSCHAGNE – foto 4
10 VRAE AAN... MARIKE LABUSCHAGNE – foto 3
10 VRAE AAN... MARIKE LABUSCHAGNE – foto 2
10 VRAE AAN... MARIKE LABUSCHAGNE – foto 8
10 VRAE AAN... MARIKE LABUSCHAGNE – foto 6
10 VRAE AAN... MARIKE LABUSCHAGNE – foto 7
Marike Labuschagne
Marike Labuschagne
Voorblad van Koerania - Januarie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Januarie 2026, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar