
1.Wat is julle gesinslede se name en kinders se ouderdomme, asseblief?
Arno Lambrechts, Elmarie Lambrechts en ons kinders Riegardt Lambrechts (30) en Annika Lambrechts(Britz) (25) wat in die buiteland (Pretoria) woon.
2.Wanneer het jul na Orania verhuis? Van waar af? Ek en Arno het Augustus 2020 en Riegardt in Aprl 2021 vanaf Pretoria na Orania verhuis.
3. Jy het jare by die Ouditeur-Generaal gewerk. Wat was jou posbenaming en pligte?
32 jaar, en ek was die Operasionele Bestuurder waar ek verantwoordelik was vir die bestuur van die Adminspan wat alles rakende Menslike Hulpbronne hanteer het. Ek moes “hire en fire”.
4.Hoe het dit gebeur dat jy en jou vennote Kontreiwinkel gekoop het?
Ek het vir ‘n jaar by Senbel gewerk as operasionele bestuurder, maar my hart was nie daarin nie. Ek het gehoor die Kontreiwinkel is te koop en ek en Arno het met Tanya en Burger (my swaer en skoonsuster ) gepraat om te hoor of hulle nie saam met ons die winkel wil koop nie. En siedaar!
5.Is daar ‘n afdeling in die winkel wat vir jou ‘n gunsteling is? Waarom?
In elke afdeling vind ek bevrediging, maar as ek moet kies, die koffieafdeling, ek is ‘n koffiesnob en dan die kunsafdeling.
6.Watter kwaliteite van ander mense admireer jy?
Eerlikheid, mense wat by hulle beginsels bly.
7.Wat is die beste raad wat jy ooit by ‘n mentor gekry het? Wie was dit?
“Verbeter jouself tot die dag wat jy jou kop neerlê” - Lou Tice, stigter van die Pacific Institute.
8.Watter drie redes sal jy aanvoer indien jy iemand wil oortuig dat Orania ‘n potensiële tuiste vir hul kan wees?
As jy dit wil ervaar wat ek as kind ervaar het, kom Orania toe en word deel van ‘n gemeenskap waar jy tuis voel.
9.Wat is twee doelwitte wat jy vir jouself stel om voor die einde van 2026 te bereik?
My eerste miljoen te maak - of dalk net ‘n klein vakansie... My kunsvertrek by die huis uit te sorteer!
10.Watter stokperdjies vul jou ledige ure (indien enige)?
Bak, loodglas, verf, naaldwerk, hekel en vele meer!




