Die junior en senior skaakspelers kry deesdae gereeld die geleentheid om teen mekaar kragte te meet.
Die wenners van die onlangse skaaktoernooi is aangewys. Maritz Murphy het as die wenner in die junior afdeling geeindig. Saul Murphy was tweede en Connor Geddes was derde.
Ruben Meiri het as die senior kampioen geseëvier. Elke wenner het ‘n geskenkbewys en ‘n kontantprys gewen.
Tydens die volgende aandmark by die Kuierstoep op 3 Mei sal daar weer ‘n skaaktoernooi aangebied word. Mag die beste skuif ‘n opponent uitoorlê!