Koerania Gemeenskapskoerant

Screenshot 2025-12-13 143823
December, 2025

Duiters suksesvolle wendings gebring Strydom ‘n reeks uitdagende, maar ie afgelope jaar het vir Joost
wat Orania op die voorgrond van nasionale en internasionale gesprekke geplaas het. Die Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging beskryf dit as ‘n jaar met meer hoogtepunte as laagtepunte – ‘n uitdagende jaar, maar beslis nie sleg nie, volop genade.
Volgens hom was die sleutelmoment in Februarie met Amerika se “executive order” rakende Afrikaners. Vanaf daardie punt het die dinamika drasties verander. Joost erken dat dit ‘n tyd was van intense onderhoude en hoë spanning in die land, wat die potensiaal gehad het om sleg uit te draai, maar wat juis baie geleenthede gebring het. Strategieë moet daagliks heroorweeg word om te verseker dat Orania nie op risiko geplaas word nie. Die doel is om Orania groter te projekteer sonder om die regering uit te daag, maar ook sonder om “vertrap” te word.
Die jaar is gekenmerk deur ‘n beduidende oplewing in internasionale skakeling. Die internasionale profiel van die Afrikaner het aandag gekry deur gebeurtenisse soos die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) se besoek aan Europa, en skakeling met Amerikaanse groepe, omdat Orania deel van gesprekke vorm. Hy meld dat selfs mense in die Amerikaanse regering nou video’s van Afrikaners kyk en Orania se boodskappe omarm. Joost en Ernst Roets word nou na forums genooi wat ‘n direkte gevolg is van die

feit dat Orania op die internasionale radar verskyn het, wat hul posisie in die wêreld verander het. Die proses is ‘n konstante groeiproses vol waardevolle insette en planne. ‘n Hartroerende bewys van hierdie positiewe energie is die sukses van die Krugerbeeldprojek. Dit laat Joost met ‘n warm hart dat feitlik elke dorp in die land nou bewus is van die Kruger-beeld in Orania. Te midde van beeldegevegte elders, het hulle miljoene ingesamel vir die ontwikkeling van die terrein, wat selfs Orania-salarisse bevoordeel het. Dit was ook ‘n rekordjaar vir fondse uit die buiteland, met miljoene in buitelandse belegging wat gegenereer is. Hierdie positiewe sentiment bevestig dat daar hoop en planne is, en dit het die negatiewe stemme plaaslik stiller gemaak.Joost vertel dat die volume van mediavrae honderdvoudig toegeneem het, veral via sosiale media. Hoewel die grootste volume vrae dieselfde is as 30 jaar gelede, is daar ‘n klein segment wat ‘n dieper begrip soek. Die 10% wat werklik diepte het, kanaliseer na die arbeidskwessie: die konsep van eie arbeid en “lewe in geregtigheid met Afrika.” Die boodskap is dat Orania niemand seermaak nie en nie ‘n bedreiging is nie. Die ander 20% van die vrae fokus op Orania se diensleweringsvermoë en infrastruktuur—krag, water, riool en nuwe projekte.Vir 2026 sal die Ledenaweek op die beginsel van eie arbeid fokus. Daar is baie potensiaal in die Amerikaanse skakeling, en ‘n nuwe studiefonds, die Eben van Zyl-fonds, word beplan. Met die verkiesing op hande, mobiliseer die OVR se politieke komitee proaktief met ‘n duidelike boodskap van die reg om te bestaan.Joost se Nuwejaarsboodskap is optimisties: “Nou gaan ons bou!” Die negatiwiteit wat soms in Afrikaners se gemoed is, smelt weg soos suksesse bereik word. “Ons warm nou net op!” sluit hy af.Foto: Dia van StadenJoost Strydom vertel van die balanseertoertjies wat soms uitgehaal moet word wanneer met internasionale vennote of opponente onderhandel word. Orania se posisie in die wêreld is tans baie positief.