Die Karoo Klanke en Klingels Musiekskool het op 30 Oktober hulle jaar afgesluit met ‘n pragtige verskeidenheidskonsert waarin hul studente getoon het hoe hul musikale vermoëns ontwikkel. Ciska de Wet en Christelle de Villiers is die twee talentvolle dames wat die studente help om hoër hoogtes te bereik. Die Huppelkindsaal is in ‘n luisterryke plek omskep om al die sang en instrumentale optredes van individue, duette en groepe te akkommodeer.