Penuel Mlotshwa is op verskeie sosiale media platforms ‘n omstrede karakter. Hy staan bekend as Penuel the black pen en hy raak ‘n klomp onderwerpe aan wat hom ‘n gewilde keuse op die platforms maak.
Die redakteur van Koerania, Dia van Staden, het tydens hul besoek aan Penuel ‘n koerant oorhandig. Hy is gevra om ‘n paar aspekte van Orania wat die groep opgeval het, uit te lig. Penuel noem dat Orania skoon en netjies vertoon. Hulle was almal verras met die hoeveelheid Oraniërs wat jou groet en wuif. Die feit dat Orania ‘n enorme klomp energie uitstraal omdat daar deurlopende konstruksie, bou, herstel en skeppingswerk gedoen word, was ‘n noemenswaardige aspek. ‘n Videokamera is deurentyd gebruik om belangrike fokuspunte van die dorp vas te vang. Verskeie instellings en ontwikkelings is onder leiding van Joost Strydom, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, besoek. Die groep kon nie help om op te merk dat alle Orania projekte daarna mik om wêreldklas en futuristies te wees.