
AOntwikkelingsmaatskappy (OOM), Belegging by die Orania s Hoof van Ontwikkeling en
is Niel de Klerk sentraal tot die fisiese en ekonomiese uitbreiding van Orania. Sy fokus is op ‘n reeks opwindende projekte wat daarop gemik is om die dorp se infrastruktuur en estetiese aantreklikheid te verhoog, wat almal daarop gemik is om ekonomiese groei te stimuleer.
1. Drie prioriteitsprojekte vir die korttermyn
Die Ontwikkelingsmaatskappy het drie sleutelprojekte geïdentifiseer wat die kern van hul huidige werk vorm:
Eerste: Die Werksgebou
Die voltooiing van die Werksgebou is die eerste prioriteit en word vir Desember 2026 geskeduleer. Hierdie drie-verdieping gebou sal onder andere dien as nuwe kantore vir beide Bo-Karoo Opleiding (BKO) en OOM.
Tweede: Die Werksplein – ‘n plek van herinnering
Die Werksplein, geleë by die vier hoeke rondom ‘n sirkel, sal ‘n belangrike openbare ruimte word. Die oorhoofse tema is die herdenking van die Adelheid van Arbeid. Elke hoek verteenwoordig ‘n spesifieke tema met simboliese beelde:
· Werksgebou: Die Goeie Werker · Karoosig Aree-oord: Eerbare Verlede · GVS se hoek: Innovasie deur die Afrikaner (met ‘n beeldetuin, grasperk en tuin) · Die Duiker: Die Entrepreneur
Die plein se uitleg word gestandaardiseer om meer gebalanseerd te wees, met die aanplant van baie bome om skaduwee en aantreklikheid te bied vir mense om tyd te spandeer. Hierdie plein sal dien as ‘n afskop na die groter Stadsplein, en dien as ‘n skakel tussen die twee. Die volledige landskapontwerp sal teen die einde van 2026, of vroeg in 2027, voltooi wees.
Derde: Aalwynstraat-opgradering
Die fokus skuif na die opgradering van die sypaadjie op die belangrike as vanaf die CVOskool tot by die Kuierstoep (langs die kruising van Olienhout- en Aalwynstraat). Dit is ‘n opgradering om die roete vir voetgangers en fietsryers netjies en gerieflik te maak. Hierdie opgradering sal ook die estetiese verbinding tussen die Werksplein en ander kernpunte (Vaalbos, OraniaOos, Stadskern, en Smaragstraat) verbeter, wat toegang vanaf al die sentrale gebiede vergemaklik. Die verbeteringe geskied in samewerking met die Stadsboufonds, ‘n fonds wat gestig is om infrastruktuur te bou waarvoor daar nie ander fondse is nie, en help om eiendomspryse te stabiliseer.
2. Die Toekomsvisie:
Stadskern en Hoewe 13
Die Stadskern: ‘n
Gemeenskapsnodus
Die Stadskern, wat 7.5 hektaar beslaan, is tans in die beplanningsfase en is ‘n langtermynprojek. Die fokus is tans op die gebied rondom die Paul Kruger-beeld.
Marknavorsing deur Urban Studies het die nodige vloerareas vir ‘n bevolking van 15 000 mense, twee skole, BKO en die aree-oord bepaal. Dit sluit fasiliteite in vir:
· Vulstasie · Kleinhandel · Hotel · Groothandel · Verblyf
Die uitleg, deur argitek Henk
Boogertman, sluit verblyf vir tot 1
000 persone in, insluitend studente – ‘n katalisator om mense na die plein te lok. Die spasies in Duiker sal ook beskikbaar gestel word vir huur deur vervaardigers van Oraniaprodukte. Finale kostebepaling sal in 2026 gedoen word, waarna konstruksie kan begin.
Hoewe 13: Landbou en uitbreiding
Hoewe 13 is suksesvol deur die Departement van Landbou as landbounywerheidgebied goedgekeur, met sonering wat deur die Orania Grondgebruiktribunaal goedgekeur is. Die BKO beplan om dit uit te brei na ‘n volwaardige proefplaas, met die moontlikheid om dit later na residensieel te ontwikkel soos die dorp groei. Die ongebruikte landbougedeelte sal by die aandeleblokskema ingelyf word, wat Orania se grense vergroot.
3. Uitdagings en ekonomiese groei
Die grootste uitdaging vir hierdie projekte is arbeid—die kleiner bevolkingsgetalle in Orania beteken gekwalifiseerde kontrakteurs is dikwels oorlaai en nie beskikbaar vir elke tender nie. Boonop is die professionele beplanningsfase inherent tydrowend. Ten spyte hiervan, sien De Klerk ‘n suksesvolle boujaar agter die rug en groot vordering met die Stadskern beplanning. Die volgende uitdaging is om ekonomiese groei te stimuleer, veral deur die rol van die BKO wat ‘n besteeebare inkomste van buite na binne sal inbring— soortgelyk aan die ekonomiese impak wat universiteite in plekke soos Stellenbosch en Potchefstroom het.