Koerania

Gedeeltelik aangeskakel…

Orania se 4.8 MWh battery is op 29 Augustus met die netwerk geïntegreer en aangeskakel. Die optimalisering van die beheerstelsel word steeds ontwikkel en die Orasolspan hoop om op 21 September die finale aanskakeling te doen, aangesien sekere noodsaaklike drywers nog deur ingenieurs van verskaffers geinstalleer moet word. Dié gebeure vind maande na die aanvanklike spertyd plaas, maar dit bly ‘n groot tree na energie-onafhanklikheid.

Mauritz Meyer en ‘n buite ingenieur maak, voor die aanskakeling van die omsetters, seker dat alles korrek gekoppel is. Mauritz en die elektriese afdeling van die Orania Dorpsraad se kundigheid en ywer het grootliks bygedra tot die uiteindelike sukses.

Post Views: 83