Die Orania Aandeleblok se direksie is weer voltallig
Die bestaande en nuwe lede van die OAB direksie is op Vrydag 13 September, tydens die Aandeelhouersvergadering aangekondig. Voor van links na regs is Lida Strydom, Ludwig Everson en Francois Joubert. Agter staan Johan Venter, Conrad Basson, Elred Ferreira, Frans de Klerk en Hanri Maritz. Die twee nuwe direksielede, Conrad en Ludwig word verwelkom en sien daarna uit om die gemeenskap te dien.
Lida Strydom is vir ‘n tweede termyn as burgemeester herverkies. Sy is dankbaar vir die fase waarin Orania tans is en dat daar kapasiteit vir uitvoering is, want daar moet n plek vir Afrikaners gebou word waar hulle kan tuiskom. Sy is oortuig dat dit ‘n roeping is om Afrikaners te beplek.