Die Rolbalklub se kikuyu grassooie vir die walle en banke se bedekking is onlangs afgelewer. Die bestuur het die studente van Bo-Karoo Opleiding vir hul hulp bedank. Hans Richardt is die projekbestuurder wat voorvat om die proses tot voltooiing te bestuur. Die spesiale rolbalgras vir die perk is gesaai. “So sal ons hierdie projek wen om vir Oraniërs ‘n spog sportfasiliteit daar te stel,” vertel Francois van Schalkwyk.
Lida Strydom, Burgemeester, het die klub se bestuur en hul helpers geluk gewens met die vordering en hul toewyding om van die baan ‘n pragarea te maak.
Kontak gerus die bestuur indien u ‘n lid van die klub wil word of ń bydrae wil maak om die rolbalbaan se afronding ‘n hupstoot te gee. OSK rekening: ORANIA ROLBALKLUB – GO 019