Koerania Gemeenskapskoerant

Belê in jou gesindheid

Das ons daarop kan fokus om die lewe te vier! Vroue het ‘n duidelike verantwoordelikheid binne hierdie konteks.
Vra jouself hierdie vrae:
· Staan ek in die oggend met ‘n sug op?
· Wat is die eerste emosie wat my kind op my
gesig of in my lyaal lees wanneer hy of sy my
in die oggend vir die eerste keer sien?
· Dra ek daardie emosie op my kind se gemoed
oor?
· Watter gewoontes vestig ek in my kind se
gemoed met my herhaalde optrede?
· Blaf ek kortaf die eerste woorde wat elke
oggend uit my mond kom? Beledig of kritiseer
ek sommer vroeg in die oggend my kind se
omgewing, maniere of gedrag?
· Is dit ek wat die atmosfeer en ritme vir die
hele dag stel, met daardie vroegoggend optrede
van my?
· Het dit al so ‘n gewoonte geword om negatief
te leef dat almal om jou dit van jou verwag?
As dit nie jy is nie, baie geluk!
Die mag van die brein is om ons biologie te
oorwin. Ons kan ‘n besluit neem om goed te
voel oor onsself, die lewe, en ons
omstandighede met dankbaarheid te benader