Stef Kruger en Dana Snyman besoek Orania tydens die KultuurKuier op 1 en 2 Augustus vanjaar.
Dié twee gewilde kunstenaars vat jou op ‘n woord- en musikale reis aangesien Stef al 45 jaar liedjies skep en sing. Liedjies soos Pennies op die spoor, Grassade in die wind, Tussen jou en my en Kronkelpad beloftes om maar ‘n paar te noem. ‘n Magdom kunstenaars het sy liedjies opgeneem, maar sy persoonlike vertolkings is uitmuntend. “Wanneer lirieke uit jou eie pen kom, is daar altyd soveel meer waarde daaraan wanneer jy dit self vertolk,” vertel Stef.
Skrywer Dana Snyman se nuutste boek, Seun, sal dan die rakke tref en die inhoud handel oor sy eie lewe. Dana het ‘n unieke manier van stories vaslê en dit kry pragtig lewe wanneer hy dit self vertel. Stef en Dana sien daarna uit om die Oraniagehore te vermaak en hulle eiesoortige kuns te kom deel.
Die KultuurKuier se volledige program sal eersdaags op Koerania se sosiale media platforms gedeel word. Dit beloof om boekwurms, liefhebbers van kuns, musiek, kultuur en kuier se aptyt mateloos te bevredig. www.koerania.co.za