Op Saterdag 8 Junie het Volkskool Orania se binnehof in ‘n partytjie ontaard toe daar fees gevier is vir hul verjaardag. Die kinders kon deelneem aan ‘n verskeidenheid kompetisies en daar is koeke versier om te sien wie kreatief kan raak met eetbare versierings. Daar word elke jaar uitgesien na die Potjiekoskompetisie wat met ‘n mooi gees aangepak word. Smullekker potjies is geproe en daarna te koop aangebied. Ons sien saam met Volkskool Orania uit na die volgende mylpaal!
Phillip en Annamarie Buitendag het nie op hulle laat wag toe daar potjiekos gemaak moet word nie.
Judy en pa Schalk Albertyn is in rooi getooi vir die potjiekoskompetisie.
Anesta du Preez en Carel Boshoff is die A&C-span en gereed vir die uitdaging.