Dié 2 leiers is dit eens dat woorde wek, maar voorbeelde strek. Vir hulle is respek, hulpvaardigheid en goeie manière kwaliteite wat hulle wil oordra en kweek tydens hul termyn as lede van die Senaat. Daar word heelwat projekte beplan waardeur hulle hulp wil verleen aan dieresorg en hulle wil onder leiding van oom Jacob Middel groente plant om aan die gemeenskap vars groente te verskaf. Hulle sal Volkskool weer as ‘n skool kies, want dit is hier waar hulle vriendskapsbande gebou het wat vir altyd sal hou en waar hul teen hul eie tempo kon studeer. “Leeropsies het daartoe bygedra dat ek baie meer van myself geleer het,” voeg Franco by. Hulle boodskap aan toekomstige leerders: “Volkskool vorm kinders om hul beste self te word.”