Koerania

Promosie

vloedskade-cover

Hierdie foto’s is aan die einde van Januarie by Aan-die-Oewer geneem. Daar is meer as 200 lorrievragte grond en klip ingery om die reuse gate te vul sodat besproeiing aangelê kan word en gras uiteindelik weer geplant kan word.

Koerania het in die Januarie uitgawe berig oor die vloedskade wat in en om Orania aangebring is. Ons het by die Orania Dorpsraad gaan aanklop om te verneem hoe die herstelwerk vorder.

André van Heerden, die Hoof van Ingenieursdienste:

  • Die skade wat veroorsaak is aan paaie en uitgrawings wat oopgespoel het of versak het, is uiteindelik byna voltooi. Enkele areas wat nog te nat was, is uitstaande.
  • Die eerste verbetering van die dreineringstelsel is die verlaging van die Diamantlaanbrug se pype. Daar is reeds begin om bestaande dienste wat herlei moet word te ontbloot.
  • Daar sal binnekort met die stormwaterkanaal by die Oewer tussen die OAB en VKN-grens begin word. Die nuwe kanaal sal die opdamming van vloedwater by die landbouhoewes verhoed.
  • Sodra die stormwaterbufferdam by die sonplaas genoeg uitgedroog het, sal daar begin word om die dam te vergroot. Dié werk sal moontlik eers in die winter gedoen kan word.

“Vanuit die Dorpskantoor beskou het die wolkbreuk van 28 Desember 2023 en die meegaande stormwater uitdagings daarna veral vier dinge by ons tuisgebring,”
sê Uitvoerende Hoof, Gawie Snyman.

  • Dat die Here ons beskerm en dat ons baie dankbaar moet wees dat ons geen lewensverlies gehad het nie.
  • Dat Oraniërs, soos altyd, ‘n gemeenskap is wat vir mekaar omgee en mekaar help. Hoe die gemeenskap uit eie beweging by Aan-die-Oewer aangemeld het om hand by te sit, asook die vrouens, kerke en instellings wat gehelp het met verblyf, sop, broodjies, beddegoed en warm klere vir daardie kampeerders wat die ergste hierdeur getref is, was ‘n riem onder die hart.
  • Dan is ‘n paar tekortkominge in ons stormwaterbeplanning duidelik uitgewys wat nou verdere aandag sal geniet.
  • Na afloop van ‘n veiligheidsnabetragting is daar bevind dat alhoewel ons veiligheidsgroepe flink en doelgerig opgetree het om te help waar nodig, enkele aanpassings gemaak kan word om te verseker dat ons ook die nodige empatie, ondersteuning  en gerusstelling aan veral enkel dames en die ouer geslag kan gee in tye van paniek en onsekerheid.

 

Post Views: 126