Koerania

Verwoerdgedenklesing: Die federale gedagte ~ grondslae en toepassing aangebied deur professor Danie Goosen

deur – Jacob Middel

Soos die politieke en staatkundige ontwikkelings plaasgevind het, so vroeg as die 1400’s, het ons die bestel wat ons vandag het. Deur die invloede van vroeëre filosowe op ons denke oor politiek en staatkundige (regerings ), het ons strewe na onafhanklikheid en vryheid gevorm.
Oor die verloop van nagenoeg 700 jaar deur monargieë, die donker dieptes van die middeleeue, Renaissance, die 2 wêreldoorloë tot by die moderne era van die hier en die nou is ons gedagtes, drome en ideale na ons strewe na vryheid en onafhanklikheid gevorm. Voorbeelde uit die geskiedenis word gebruik om in ons denke die struktuur van so ʼn model van onafhanklikheid en vryheid te skep. Ek haal aan “koninkryke met hul tekortkominge wat ontaard in tirannie, families wat ontwikkel in oligargieë, volke wat onafhanklikheid vind in republieke, gemengde gemeenskappe wat unitêre state vorm asook federale regeringsvorme in velerlei vorme, en dan die moderne mens met sy siening van vryheid wat uitdrukking kry in die een mens een stem totdat ʼn chaoties wanordelike demokrasie sy verskyning maak.”
In laasgenoemde vorm van vryheid sien ons dat vandag se mens die meeste “vryheid” sedert sy bestaan beleef. Ons kan byna oor alles kies en self besluit en doen, solank ons net nie die staat uitdaag nie. Soos met die koms van plastiek, oral, oorvloed goedkoop word dit weggegooi en versamel op vullishope en in die oseaan sodat daar vandag in die oseaan ʼn plastiese eiland is …..plastiek, goedkoop, buigbaar en rekbaar ….. Baie besluite word vandag as “goed en reg” beskou en so geregverdig, maar more is dit anders, verkeerd en word ʼn ander stel “waardes” gebruik om die probleem te regverdig. Is ons besig om op hierdie plastiese omgewing ʼn wanordelike, chaotiese demokratiese stelsel te plaas.
In die mens vind ons die saad (gedagte) van die goeie. Ons kan kies om die goeie tot voordeel van die gesin, familie gemeenskap en dan die volk te doen. In hierdie gedagte van die goeie is die verwesenlike reeds teenwoordig, soos in die saad van ʼn akkerboom, maar die doel is nog nie bereik nie. Die reusagtige akkerboom verteenwoordig dus die doel wat later bereik sal word soos met die gedagte om goed te doen, die verwesenlike sal volg. Daarom dan die keuse van indiwidu/e om goed te doen deur ʼn staatkundige bestel daar te stel, wat goed is vir die gesin, familie, gemeenskap en dan die volk. Hierdie keuse om goed te doen, gaan die ontstaan van ʼn Republiek dan vooruit.

Post Views: 82