Die AfriForum Opleidingsbestuurder sedert 2017, Thomas van Dalen, is ook in Februarie 2024 aangestel as die AfriForum streekshoof vir die Noord- waarbinne hy onder andere kyk na hoe veiligheidsstrukture in en om die Bo-Karoo lyk, sodat dit ontwikkel kan word. Hy is tans besig met beplanning oor doelgeskikte opleiding wat aangebied kan word vir die ontwikkeling van taktiese vaardighede vir inwoners om hulle in staat te stel om hullkeself te kan beveilig.
“Die uitrol van die ontwikkeling moet mense beindruk met hoe hul by die inhoud en uitvoer daarvan sal baat,” redeneer Thomas. Hy noem dat AfriForum nie die luukse het om opleidingskorps met ‘n permanente groep opleiers te hê nie, en moet daarom ’n strategie van gedesentraliseerde opleiding volg, waarvolgens instrukteurs of fasiliteerders op plaaslike vlak uit die takgeledere opgelei word om kursusse te kan aanbied.
Dit word gou duidelik dat Thomas ‘n man is wat oop kommunikasie as ‘n prioriteit stel. “My doelwit is om meer konteks oor Afriforum se doel in die dorp en streek te skep. AfriForum is nie die vyand nie. Ons is die vennoot wat die belange van die Afrikaner wil uitbou.”
Die Gemeenskapsveiligheidsentrum vir Bo-Karoo en die Noord-Kaap is die beheerkamer vir AfriForum om met bestaande veiligheidssentrums in die Noord-kaap en nasionaal te skakel. Die Bo-Karoo gemeenskapsveiligheidssentrum sal ook as ’n rugsteun vir die AfriForum sentrale beheerkamer kan dien, sodra dit ten volle funksioneel is.
Die Bo-Karoostreek sluit ongeveer tien dorpe in: De Aar, Hanover, Douglas, Hartswater, Modderrivier, Ritchie, Koffiefontein, Luckhoff, Hopetown, Prieska en Britstown. Die ontsluiting van geskikte persele waar opleiding kan geskied en dan die opleiding van personeel wat opleiding deurentyd kan aanbied, is een van sy fokusareas.
Hy is bewus daarvan dat alle Afrikaners nie na Orania toe kan trek nie, daarom bly die skep van ‘n vry en veilige hawe vir Afrikaners noodsaaklik. “Die beleid van federalisme, wat gedeeltelik in die Wes-Kaap uitgerol word, volg ‘n ankerdorpstrategie.” Daar waar die meerderheid Afrikaners in die land gevestig is, fokus AfriForum hul werksaamhede. Uiteraard is daar ‘n duidelike fokus in terme van finansies, want uiteindelik moet ‘n plek vir ons kinders se kinders se kinders gebou word.” Hy beaam dat daar groot ontwikkeling geskied deur van ledegelde gebruik te maak, maar die noodsaaklikheid van beleggers word voortdurend bevestig.
Die voetspoor van AfriForum as ’n burgerregte-organisasie, wat reeds in ander streke baie goed ontwikkel is, moet ook in die Noord-Kaap ontwikkel word. Hy merk op dat die nasionale regering se fokus nie op die Noord-Kaap is nie en dat die verval in omliggende dorpies skrikwekkend is.
“Ek tik byna daagliks briewe aan munisipale bestuurders wat algemene verval aanspreek. Basiese regte soos riolering en water is van die grootste krisisse. Aangesien droogtes in ons streek aan die orde van die dag is, moet dit aandag geniet. De Aar sit met meer as 50 boorgate en baie daarvan funksioneer nie. Dit is die tipe goed waar ons betrokke raak en ingryp,” verduidelik Thomas met oortuiging.
Hy vertel dat AfriForum ‘n gemeenskapsorganisasie is
Thomas se ondervindingsveld het hom deeglik vir hierdie verantwoordelikheid voorberei. Na 14 jaar in die weermag en senior offisier in die Infanteriekorps was hy operasioneel in die Angolese oorlog en Suidwes-Afrika ontplooi. Hy was daar betrokke met die opleiding van troepe. Na ‘n kort tydperk in die privaatsektor in 1995 het hy hom as ‘n gevorderde lewensondersteuningsparademikus gekwalifiseer. Hy was operasionele bestuurder vir Netcare911 in Pretoria en was vanaf 2010 die algemene bestuurder van ’n internasionale mediese maatskappy in Johannesburg.
In 2012 verhuis Thomas en sy vrou na Hermanus waar hy tot 2015 mediese kontrakwerk vir AngloGold Ashanti gedoen het, deur nood mediese sentrtums by myne in Afrika op te rig, mediese personeel personeel in die hantering van trauma op te lei en beleide en werksprosedures vir die klinieke te ontwikkel . Sedert 2015 het hy in verskeie poste in AfriForum beklee, en homself binne AfriForum bemagtig en verdere opleidingskwalifikasies behaal.
Thomas en Elmarie sal komende Desember 40 jaar getroud wees. Hulle het drie kinders met uiteenlopende geaardhede. Hul oudste is Elke, ‘n haarstilis en entrepreneur wat in Paarl woon. Daar is nog net een kleindogter gebore. Waldie is ‘n verteenwoordiger vir ‘n mediese firma en ‘n voormalige kranige atleet. Marique het blykbaar haar pa se kliniese persoonlikheid en werk as ‘n prokureur in Hermanus.
‘n Steenkringkonsep, sodat dorpe om ons hul gemeenskap mobiliseer om veiligheidsstrukture te skep waarbinne hul hulself kan verdedig. So hou ons Orania ook veilig.
Thomas is ‘n familieman wat lief is vir die Karoo. Hy en Elmarie deel ‘n liefde vir stap en goeie wyn, maar kwaliteit koffie word tydens enige kuier geskink. Hy filosofeer graag en geniet dit om strategiese planne te maak. “My deur is oop vir die gemeenskap. Kom kuier of gesels gerus met my,” nooi Thomas.
Kontak Thomas by thomas.vandalen@afriforum.co.za om self te gaan gesels oor AfriForum se beplanning, of selfs om konstruktiewe insette te lewer.