Koerania

Mevrou Joey Ackerman het op 2 April 98 jaar oud geword en het dit in ‘n feestelike luim saam met haar mede inwoners en familie gevier. Tannie Joey is tans die oudste inwoner van die Orania Karoosig Aftreeoord. Sy het vrooër jare op die plaas Rietfontein in Delareyville gewoon waar sy haar eie plaasskooltjie tot haar aftrede bedryf het. Haar kinders Paul en Corlie is dankbaar vir ‘n mamma vir wie daar nog drukkies uitgedeel kan word. Dié dame het tot die ouderdom van 94 nog ywerig Bybelstudie vir ander aangebied. Volgens Paul, wie ook in Orania woon, is haar gunsteling tydverdrywe Seduko, stap, Bingo, terapeutiese inkleur en die invul van blokkiesraaisels. Sy is baie lief vir haar skoondogter, Abigail,se bederfies wat allerhande soetgoed, nat biltong, spesifieke koekies, grondbone met rosyne en Coke insluit.
Koerania wens tannie Joey ‘n wonderlike nuwe lewensjaar toe!

Besoek Orania Karoosig Aftreeoord se Facebook-blad

Post Views: 102