TAALtoffieTAALweek word vanaf 12 tot 17 Augustus aangebied. Daar is elke dag ander aktiwiteite aangebied wat met verskillende smake resoneer. Daar is met ‘n kunsuitstalling afgeskop waarna ‘n liedjiesaand, gemeenskapskonsert, middagetelesing oor taal, speletjiesaand, kortfilmfees en verhoogstuk gevolg het. Oud en jonk kon hulself uitleef in die opsies wat deur die Orania Kunsteraad (oKeR) beplan is. Koerania sal in Septembermaand se uitgawe meer van hierdie opwinding deel.
Die Middagetelesing is deur dr Wikus Buys aangebied. Sy tema op Taaldag was: As ‘n volk sy woorde tel – die invloed van woordeskat op vryheidsdenke.”
‘n Aand in die lewe van Cornelia Holm het ‘n voorsmakie gegee op ‘n biografie van haar wat deur Esna de Beer geskryf word.