Marlè Nel was deel van Eminence Sport se Enforce netbalspan wat van 27 November tot 4 Desember aan die HSBC Dubai 7’s se netbaltoernooi deelgeneem het. Marlè is uitgenooi nadat sy ‘n Curriculum Vitae van haarself aan die organiseerders moes stuur. Sy vertel dat hulle baie avonture meegemaak het. Koerania sal in die Januarie-uitgawe meer van Marlé se avontuur in Dubai vertel. Marlé Nel, ‘n graad 12 leerder van Orania CVO-skool in aksie tydens die HSBC Dubai 7’s se netbaltoernooi.