Die FAK se gewilde Internasionale Afrikaans-Ekspo het vanjaar vroeg weer afgeskop en jy is genooi om deel te neem.
Maak skerp jou potlood, trek nader die esel, warm jou stem op en kry jou kamera gereed, want dit is Ekspo-tyd.
Net soos in die verlede kan jy uitsien na lekker uitdagende opdragte en wys wat in jou steek deur deel te neem aan ’n verskeidenheid onderwerpe soos voordrag, poësie, kuns, fotografie, kreatieweskryfwerk en vele meer. As jy dit kan droom, kan jy dit doen.
Vanjaar se tema is toekoms, so maak seker jou pen se ink is vol, want ons wil weet wat is jou planne vir die toekoms?
Wat dink jy hou die toekoms vir jou in? Hoe lyk die toekoms van die land? Wat is die toekoms van jou taal? Weet jy hoe om vir jouself ’n beter toekoms te bou? Deel jou idees met ons!
Kinders en jongmense tot en met die ouderdom van 25 kan hieraan deelneem.
Lees meer hieroor en skryf in by https://projekte.co.za/ekspo/
Is jy avontuurlustig of net lus vir ’n uitdaging? Neem dan deel aan die FAK se Geskiedenisolimpiade 2024. Laerskoolleerders kan hulleself inleef in die gebeure van die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) en hoërskoolleerders in die doen en late gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Inskrywings het op 1 Maart geopen en sluit op 30 Junie. Die eerste rondte is ’n aanlyn toets wat op 6 Augustus geskryf word en die tweede rondte se uitdunne is 27-29 September by Udolpho, die FAK se rivierplaas aan die Vaalrivier. Navrae kan gerig word aan olimpiade@fak.org.za of besoek gerus die webwerf https://projekte.co.za/geskiedenisolimpiade/