Koerania

Skaakmat…

Peter Welgemoed, Vernon Jones, Peter Jones en Delwaldt Venter benut hul vrye tyd om hul skaakvernuf te verbeter.

 

Hierdie unieke vierspel laat die adrenalien pomp omdat daar konstante onsekerheid is oor die volgende speler se plasings.
Manipulasie van een speler is nie werklik ‘n opsies nie, aangesien die uitleg van die bord met een skuif totaal kan verander. Daar word aanmekaar gepoog om mekaar uit te oorlê terwyl die veranderlikes met elke rondte nog ‘n onvoorspelbare verrassing inhou. Spelers moet uitgeslape wees omdat daar met dié bord veel meer op die spel is as slegs een opponent se skuiwe. “Jy moet nou namens jouself en drie ander spelers dink,” vertel hulle. Daar word tussenin geskerts, maar die gemoedere kan baie vinnig ernstig raak wanneer ‘n speler met een skuif sy opponente troef.

 

Kontak vir Peter Welgemoed by 083 989 2611 as jy by die gesoute spelers wil aansluit vir ‘n potjie skaak.

Post Views: 106