Koerania

Hy was ‘n Pietersburger as skolier, maar woon al ‘n hele klompie jare in die Jakarandastad, Pretoria. Hy is ‘n bekende sanger, televisieaanbieder en vervaardiger, akteur en tans ‘n aanbieder op PretoriaFM op Saterdae.

Riaan se debuutroman is pas vrygestel en sy bekendstelling het op Maandag 5 Februarie in Pretoriaby die Bont Huijs Ateljee plaasgevind. Dié pragtige venue, met ‘n magdom bekende kunswerke, het almal se asems weggeslaan.

Daar was byna 200 mense en ‘n akoestiese orkes het Riaan begelei terwyl hy drie liedjies gesing het wat hy aan sy ondersteuners en aanhangers opgedra het. Emile Vermeulen was op die klavier, Lindzi Moore op tjello en Ashleigh Botha op viool gehoor.

Koerania was ook daar!
Die bekende skrywer, Elsa Winkler, het die onderhoud hanteer. Riaan het vir die gehoor vertel dat hy nie in stilte kan skryf nie en dat Geheime op Philadelphia in ‘n koffiewinkel in Brooklyn lyf gekry het. Hy het ook vertel dat die meerderheid van die karakters in sy boek op mense geskoei is wat hy goed ken. Die gehoor het behoorlik hieroor begin gis.

Riaan en Jo-Mari het ‘n nuwe duet enkelsnit, “’n Dag sonder jou” se video as ‘n bonus vir die waarderende gehoor vertoon.

Dié nuwe lied is met ‘n dawerende applous ontvang, maar die amptelike vrystelling van die snit sal vroeg in Maart geskied. Verskeie bekendes soos Nadine, David Fourie, Karlien Husselmann, Gisela de Villiers en Scheppel het die geleentheid bygewoon.
Riaan se Facebook staaltjies het al baie mense laat skater en soms ‘n traan laat pink.

Hierdie eerste boek se storie gaan dieselfde uitwerking op elke leser hê. LUCA, die uitgewer van die boek, sien uit na ‘n tweede manuskrip van Riaan wat al goed op dreef is.
Daar is tot laataand tussen die pragtige kunswerke van die venue gekuier en Riaan moes almal se boeke teken en vir foto’s regstaan. Verskeie gaste het kommentaar gelewer dat dit ‘n uiters kreatiewe aand was en dat toekomstige boekbekendstellings sal moet uithaal en wys om hiérdie een te klop!

Riaan en twee van sy vriende, Dia van Staden en Hendri Myburgh, wat ‘n paar jaar gelede by die Groot Ontbyt kollegas was, het in die opwinding van Riaan se eerste boek gedeel.
Riaan en twee van sy vriende, Dia van Staden en Hendri Myburgh, wat ‘n paar jaar gelede by die Groot Ontbyt kollegas was, het in die opwinding van Riaan se eerste boek gedeel.
Riaan Grobler en Elsa Winkler in gesprek oor sy boek Geheime op Philadelphia.
Riaan Grobler en Elsa Winkler in gesprek oor sy boek Geheime op Philadelphia.
Die gehoor het ‘n heerlike koel aand in Pretoria geniet terwyl hulle met mooi musiek, ‘n mooi omgewing, keurige eetgoed en treffende woorde vermaak is.
Die gehoor het ‘n heerlike koel aand in Pretoria geniet terwyl hulle met mooi musiek, ‘n mooi omgewing, keurige eetgoed en treffende woorde vermaak is.
Post Views: 136