Koerania

Aardklop is van 24 tot 29 September aangebied en die tema vir 2024 was, Hier kom ons!
Koerania het ‘n media-uitnodiging ontvang om Aardklop by te woon en het sekere vergunning gekry om ‘n paar vertonings by te woon. Elke bladsy van die feesgids maak dit nog moeiliker om te kies wat jy wil hoor, sien of beleef.
Toneel, kinderteater, musiek, leefstylaanbiedinge, aktuele- en boekbesprekings, visuele kunste het deel uitgemaak van ‘n gepakte program. Die feesterrein, met vele kosstalletjies en ander items wat te koop aangebied is, het duisende voete getrek.
PretoriaFM het as mediavennoot opgetree en het ‘n rits onderhoude met kunstenaars gevoer wat as promosie vir hul optredes gedien het.
Koerania se fokus was wel aktuele en boekbesprekings, maar die musikale en storievertelvernuf van Amanda Strydom – Hoe ons voel, Coenie de Villiers – Op ‘n eiland en Leon Gropp – Rooidag NP van Wyk Louw getoonset, was uit die boonste rakke en bloot musikale perfeksie. Daar was ‘n hele klomp ander fantastiese aanbiedinge, maar die lywige program maak dit onmoontlik om by alles uit te kom.
Befaamde kitaarspeler Mauritz Lots het ‘n paar keer tydens die week sy verskyning gemaak om sy pragtige talent by ‘n paar produksies te voeg. Hy kraai veral koning in Roem, waar Coenie de Villiers en Deon Meyer kragte saamspan om ‘n Musiekverhaal te skep.
Boekhoogtepunte was die gesprekke met Emma van der Walt – Die donker wêreld van mensehandel, Ivor Swartz en Johnny Davids – Nogtans en ten spyte van, Ebbe Dommisse – Die lewe van ‘n magnaat, Dibi Breytenbach – Heksejag en Hykie Berg – Geroep vir meer.
In 2025 word die Aardklop Nasionale Kunstefees van 7 tot 12 Oktober aangebied.
Hou hul op FB dop vir meer: Facebook

Post Views: 54