Koerania

Die beplanning vir die jaarlikse A – Z Pekanneutkonferensie wat op die Dendronplaas buite Orania aangebied word sal vir kundiges, besoekers, leke en voornemende boere ‘n inspirasie wees.
Organiseerders van die konferensie het koppe bymekaar gesit om ‘n uitstekende program, wat praktiese hoogtepunte en hope leersame sessies sal insluit, te beplan. Dit word in die vooruitsig gestel dat daar op 8 en 9 April 2025 ‘n samevoeging van baie kundigheid sal wees waaruit elke besoeker en deelnemer kan put.
Daar sal aktuele kwessies oor grond, water, snoeimetodes en die biologie van pekanboerdery bespreek word. Voldoende tyd sal vir besprekings, vrae en informele gesprekke gegun word. Dit bly vir dr Ben de Klerk, Johan Coetzee en Francois Slabber ‘n prioriteit om geleenthede soos dié aan te bied om van mekaar te leer en op hoogte van die nuutste tegnologie te bly.
Die oggende sal aangewend word waar sprekers hul kundigheid sal deel om boere te bemagtig en albei middae word opsy gesit vir boordbesoeke- en besprekings waar praktiese aanbiedings sal geskied en waar platinum borge hulle produk of diens ten toon kan stel.
Daar sal genoeg inligting ingewin kan word sodat onnodige struikelblokke voorkom kan word.
Kom geniet Orania se Afrikanergasvryheid!
Stuur ‘n e-pos aan a-z@pekan.co.za om vir die konferensie te registreer. Meer besonderhede sal binnekort gedeel word.

Post Views: 69